My recent visit to Bloemfontein 3-6 September 2015; through the eyes of some of those who invited me..

16 Sep

Rozanne (2) Rozanne (1) LEEU4SEPT15ROZANNA6069c0641d0e7fc LEEU4SEPT15ROZANNA96efa98a1d0e7f9Rozanne Visagie besoek Bloemfontein

 OIMG-20150905-WA0040 IMG-20150905-WA0011 IMG-20150905-WA0023 IMG-20150905-WA0024 IMG-20150909-WA0002

Op 14 Maart 2013 kyk ek die TV program “Rian” en die gas die aand was Rozanne  Visagie. Die aand word ek aangegryp deur ‘n vrou wat nie skroom om ‘n “statement’ te maak vir Jesus Christus nie. Die gedagte kom by my op: Dit sal “great” wees om haar Bloemfontein toe te bring…. Net ‘n gedagte.

Twee jaar later nadat ons omgee groep een aand saam gekuier het vra Pastoor Deon Bosch my of ek nie vir ons Manne iets wil reël nie

Ja en so gebeur dit, op ‘n koue lente oggend 3 September 2015 is ek en Deon oppad Lughawe toe om Rozanne te gaan haal….

Rozanne word ook gevra om Vrydag oggend 4 September om 05:45 die Manne bediening toe te spreek by “House of Bread.” Hierdie oggend gee sy so ‘n paar “tips” aan die manne om hulle vrouens net weer spesiaal te laat voel. Sy sing ook sommer ‘n paar “songs” waar die manne ook hartlik saam sing. Sy deel die gedeelte in 2 Kronieke 30:9 waar God soms sy gesig vir ons wegsteek. Dit kan wees a.g.v. sonde of omdat hy ons nader aan Hom wil trek. Na die verrigtinge word Rozanne ook deur die manne bedien. Ek prys die Here vir ‘n wonderlike tyd in sy teenwoordigheid.

Die dag van 3 September was egter nog nie verby vir Rozanne nie. Die oggend 10;00 het sy ‘n onderhoud met Radio Rosestad en so gesels sy toe met die hele Bloemfontein. Sy versoek ook sommer die Bloemfonteiners om die “ National Day of Repentance” op 13 September te ondersteun.

Saterdag 5 September spreek sy die Manne toe by die ontbyt wat deur AGS Jubilate gemeente gereël was. Natuurlik het die manne eers lekker geeët voordat Rozanne aan die woord was. Sy deel met ons die rol van sout as preserveer middel, sout maak ook gesond en maak ons dors vir die Lewende Water. Sy deel ook met ons “Faith” se storie. “Faith” in ‘n Voëltjie wat gereeld by hulle huis vroeg oggend kom sing en sy kaas kom soek…. En sy deel met ons die aanhaling: “Faith is the bird who feels the Light and sings while the dawn is still dark”. Direk na die verrigtinge  is daar’n uitnodiging en Rozanne bedien die manne met gebed en salf die wat  na vore kom.

 Die volgende dag 6 September was ons Gemeente AGS Jubilate aan die beurt.

Sy deel met ons God se liefde soos in 1 Johannes 4:7-9 en vers 18 en Johannes 15:9. So ook die gedeelte van die Lewende water opgeteken in Johannes 4: 7-13 en Johannes 7:37- 39. Rozanne deel ook by al drie geleenthede tydens die naweek oor wat Vader in Sy groot genade in haar en haar gesin se lewens gedoen het ,met ‘n kort persoonlike getuienis.

Daar was nog soveel “blessings” oor die hele naweek … te veel om op te noem. Die res van die naweek was ek en Wicus, wat my gehelp het met die reëlings, oorval met met boodskappe van mense wat vertel hoe hulle verryk is deur die die naweek se bedienning.

Ek kon maar net stil word voor my Hemelse Vader en hom loof en prys vir sy wonderlike genade. Ek het net weereens besef dat ons moet wees wat Paulus skryf in 2 Kor 3: 2-3. Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan. Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie maar op die harte van mense.

Rozanne baie dankie vir die opoffering weg van jou geliefdes en die seëninge wat ons deur jou bedienning van die Here ontvang het.

Shalom

Bert

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: